Die lyn en dubbellyn van skaduwee
Met die blou, bruin
en grys dik rugkant
lyk die boek
na ń outydse manuskrip
ń Boek van toeval
en toeverlaat
met reusagtige bome
en lang’grys baarde
Die maan gooi ń silwer’waas
oor die velde
groot en glansend
met misterieuse patrone
En wanneer die prins
van die ondergrond
al die molle
na sy fees uitnooi
Bring ń duisend rondtes jou terug
na verdwaalde woorde
wat in sirkels hoek wil vind…
en rustig in ń klipmuur
skuil die wind
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.