
My Liebestraum
My Liebestraum
In jou het ek my Liebestraum gevind
en ek speel die liefdesdroom net vir jou
en mag ek nooit ontnugter ontwaak
met my droom dalk bloot fiktief nie,
maar jy is tasbaar daar
as ek gaan slaap,
en jy is tasbaar daar
as ek ontwaak—
Jy is my lewensasem
en naelstring wat my aan die lewe bind
die inspirasie van my woord en lied,
die bron wat my muse voed—
Aan jou bors geleun en
in jou arms omvou vind ek rus,
vind ek vrede by jou my
Liebestraum—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.