Jongste aktiwiteit:

Blameer die Lente

Ma, ek was nie dronk nie.

Die lente was in die lug.
Die wind was in my hare,
die see en die sand en die sout.
Die son was teen my rug
en ek onthou
(na soveel jare)
dat ek wou dans . . .

*

Ma,
daar was ‘n tafel in jou huis
in die middel van die groen
en baie ou kombuis.

*

En op twintig voel die lewe soms so goed.
Op twintig was die lente
soos sjampanje in my lyf
en soos ‘Tiny bubbles’
in my are en my bloed.

Ek was nie dronk nie, Mamma
maar ek het eenkeer op jou tafel gedans.
Dit was in die lente
. . . toe ek twintig was.

C. Shaw
28 Mei 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak