Jongste aktiwiteit:

Lente kom op 4 September

 

Een oggend word jy wakker
in ‘n dorp soos Brackenfell
en September’s in jou are,
jy voel dit tintel teen jou vel.

In die donker staan jou doringboom
en skilferbas* geel ryspapier.
Die eerste voël sing lankal reeds,
skamele minute
net na vier.

Buite flikkerskitter sterre,
laat hul lig op golwe dans
en salig wieg die sekelmaan
aan die skemer hemeltrans.

Hoog bo Paradyspark* dakke
skakeer die vroegdag pienk framboos.
Die son versprei haar eerste strale
dáár
waar die horisonne oos.

Populiere langs die boulevard
was gister nog van blad beroof,
maar hier pryk hul nou in appelgroen
en word lente aan elk tak beloof.

Jou blou berg is aan’t blouberg.
Sy lê maar weer vanmôre daar
met die wit mis om haar voete
en bo haar kop –
‘n vlieswolk skaar.

Een oggend word jy wakker
in die hart van Brackenfell,
daar’s ‘n tint’ling in jou are . . .
en ‘n 4 September
teen jou vel.

*Paradyspark – ‘n winkelsentrum in Brackenfell

*Skilferbas – verwys na die papierbasdoringboom wat ‘n dun, gelerige bas het, wat geneig is om af te skilfer.

© C. Shaw
8 September 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed