Hartseer en Verlange
Hartseer en Verlange
Jy luister in die nag hoe die
alleenjakkals se roep na sy maat
op die aandlug aangeswewe kom
en dan oorspoel so ‘n naamlose
hartseer en heimwee jou soos
in ‘n oerverlange na alles wat was
en nie meer is nie, en tesame is dit
‘n kumulatiewe verlies lankal reeds
aan die verganklikheid oorgegee
jou vriende, familie , troeteldiertjies—
Dis ‘n naamlose inhernte diep heimwee
en verdriet oor die stoflike verganklikheid
en jy strek dan die arms in deernis wyd oop
in welkomsgroet aan die verlede en
hou dit styf aan die hart gedruk
in ‘n weersiensgroet en
tydelike adieu—
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Stil'verlange ...hou hiervan