Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek wens … {dat wense waar word} …

Deur Desiréé
Datum gepubliseer: 8 September 2016 Aantal woorde: 97 1204 Kere gelees 15

ek wens ek het geweet
ek wens ek het verstaan
ek wens ek kon sin maak
waaroor alles gaan

ek wens ek was ‘n siener
ek wens ek was ‘n iets
ek wens ek kon reënboog toe ry
op ‘n tandem fiets

ek wens daar was ‘n uitweg
ek wens daar was net raad
ek wens ek kon die dinge delete
want my soms hartseer maak

ek wens ek kon die padkaart volg
tot ek op jou hart se voorstoep staan
ek wens jy sou my binne nooi
om vir altyd daar tuis te gaan

© borrels




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Palet

    8 September 2016

    Mag al jou wense waar word..

  2. neels

    9 September 2016

    mal hieroor Borrels

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 50
Kommentaar telling: 156

daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 117 gaste aanlyn

Bydraes – Argief