Jongste aktiwiteit:

So rooi soos bloed, so suikersoet

Die hap in ‘n groen appel
knars
verwagtinge
roekeloos
deur die yslaag in jou hart

Wit lyne skree
in almal se kele
die maan verkalk
rubber bande knars oor ‘n sprinkaan
‘n vergruisde hond lӗ langs die pad

Bene breek deur vlees
haal diep asem…
jy hap in die groen appel
dit knars skree dreun van boor
in klip kap van hamers teen metaal

Die oggend tuur sy waarheid
die oggend tuur in jou siel
die oggend tuur met sy klein blydskap
die oggend is wolkloos
die oggend skuur teen die leegheid
van jou hart se lente’dors




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak