Jongste aktiwiteit:

AANDAG ALLE INK LEDE & VRIENDE VAN AFRIKAANS- PRESTIGE GALA AAND 26 Oktober 2019

Hiermee wil die INK span u in kennis stel dat ons be-oog om ons 4de Prestige gala-aand aan te bied, waar daar weer toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 26 Oktober 2019 om 18:30 by Farm Inn IN Pretoria Silwerlakestraat, Silverlakes Pretoria.

Toekennings gaan oorhandig word as volg:

(A) *Digter van die jaar (Goud, Silwer en Brons)
(B) *Gedig van die jaar (Goud, Silwer en Brons)

(C) *Skrywer van die jaar
(D) *Verhaal van die jaar

(E) *Rubriekskrywer van die jaar
(F) *Rubriek van die jaar

Geliewe daarop te let dat dit nie noodwendig die wenner in ‘n kategorie gaan wees wat die plasing van die jaar in die betrokke kategorie sal wen nie. Die INK moderators hou die webwerf reg deur die jaar dop vir uitsonderlike plasings in elke afdeling afsonderlik wat in aanmerking sal kom.

Die nominasies is reeds deur die INK paneel gekies op grond van die jaar se plasings en aan onafhanklike partye voorgelê vir finale beoordeling.

Kostes verbonde is n bedrag van R200 pp, wat lewendige vermaak (Jaco van Wyk as gaskunstenaar), vonkelwyn, versnapperinge en ‘n ete insluit.

Bankbesonderhede vir inbetalings om jou bespreking te bevestig:

met u INK naam as verwysing + gala in die volgende rekening nr:

FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247

Ons benodig asb baie dringend getalle en ‘n aanduiding wie graag die gala aand wil en kan bywoon (gaste is ook welkom), sodat ons die finale reelings kan begin tref.

RSVP asb voor 10 Oktober 2019 by skryfafrikaans@ink.org.za OF 082 648 0284

Inkgroete
Die Ink span




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed