Jongste aktiwiteit:

Afrika-Engels

Afrika-Engels.

Ek het nou voldoende afgekoel na n lang, warm stappie.

Ons is Afrikaners in n oorwegend Engelse omgewing.

So besluit ons om weer in van die romantiese pypsteelerwe af te stap.

Meestal loop jy in n hek en n klomp blaffende honde vas.

By die derde geleentheid stap ons in n man vas deur n oop hek met n rooi glas met vloeistof in sy hand.

Hy lyk ordentlik, opgevoed en ek neem aan dit is die eienaar van die woning.

Ons begin gesels.

Met verbasing ontdek ons hy is die tuinier.

Hy vra of ons die huismense ken.

Nee, antwoord ons.

Ons wil omdraai en wegstap, maar die gesprek lei tot die vraag dat hy vra of ons Afrikaans is.

Ja, ons is Afrikaans, antwoord ons.

Die mense van die huis is ook Afrikaans, konstateer die tuinier n feit, in Engels.

Weer vra hy of ons die mense wil ontmoet,

Die keer bevestig ons, ja, roep maar die mense.

En so het ons by n oop hek ingestap in Suid-Afrika en land en sand gesels met n persoon wat al dekades in die omgewing woon en ons uitgebreid vertel het oor die geskiedenis van die gebied.

Ek besef, Ons mense is honger vir geselskap. Ons is honger vir stories. Ons is honger vir mense wat ons verras.

Die man, sy naam is Charles, noem toe dat ons Afrikaners tog n soort respek betoon aan ons medemens deur altyd in Engels met vreemdelinge te begin praat.

Ja, vertel ek toe van onlangs waar n klein groepie vreemdelinge weens omstandighede in n baie intieme ruimte ontmoet het. Die spreker vra in Engels: ” Can everybody understand Afrikaans?”

Ja, knik almal instemmend.

So word die Afrikaners in Engels gevra of almal Afrikaans is.

Terug na Charles se plekkie.

Hy het sy huis so gebou dat sy tuin uitkyk oor die woud waar hy daagliks wilde diere van sy balkon kan dophou, vir die eerste keer die week n nagapie, vertel hy. Die krappe kom kuier op sy stoep en wil met hulle knypers die verdedigingsposisie innneem.

Charles het ons genooi om met sy tuinpaadjie af te stap rivier toe en hy het vir ons hond in n geel bak drinkwater ingegooi. Toppunt van gasvryheid vir ongenooide gaste!

Suid-Afrika wemel van goeie, gelukkige mense en goeie en gelukkige ervarings.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed