afsaal
jonkman wou gaan vry
op sy ryperd sou hy moes ry
mooi geroskam staan dié daar
gepoleerde saal en blink stiebeuels
hang aan die waenhuisdeur
gepoleerde kamaste
glad gestrykte rybroek
met veer in sy hoed gestel
was opsaal net ‘n plesier
gereed is hy en sy stier
tekens was daar
nooientjie stel belang
mooi blos op haar wang
wanneer sy skalks loer
na hierdie boer
kennismaak het gekom
hul vriendskap het gegroei
gou het dit by afsaal gekom
almal het dit waargeneem
van trouplanne verneem
getroud en gespoor
sewe sakke sout verloop
peuters word kleuters, hul
erfgename neem oor, na
vryer en sy nooi afsaal
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.