Jongste aktiwiteit:

verskansing

 

onder lagie dikvelligheid

broei suurdeeg van twyfel

al is mens ook geestelik blind

of met balhorige siende blindheid

en horende doofheid geslaan

kom besef onstuitbaar

nader van sy eie

onmag in moderne lewe

 

wie slaag daarin

om goed te luister en te kyk

vind ‘n soort rustigheid wat

opvallend en voelbaar is

‘n verskansheid teen

‘n onbekende en

vreesaanjaende

lewenswerklikheid

 

selfs die blindes en dowes

voel dit aan; dit wat om hul aangaan

hoe die wêreld verander in nagmerrierit

van argeloosheid oor leed en nyd

negering van oorlogsgeweld

ontkenning van moord

en doodslag-golf wat

gesinne omdolf

 

sal blindes en dowes

ooit weer kan sien of hoor

veral wanneer skansmure kantel

bestaansnetwerke verkrummel

alles wat bekend is vergaan

slegs geloof en hoop

dalk nog oorbly

in elke individu se hart

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed