Afskeid
*herplasing op ‘n
*spesiale versoek
Afskeid
sluit toe die hart
laat die hoop daarbuite
soos lig wat wroeg deur vuil-nat ruite
in seer oë lê die lande bleek
ñ verbete mond verwronge
eens het vreugde en skoonheid daar gewoon
nou die haat nyd en hoon van ñ eensaam hart se toorn
rukwind stiltes deurwaai
ñ duister en verwarde gemoed
sluit toe die hart dis tyd vir groet
verlaas lê die plaas voor hom uitgestrek
verlaas
vir oulaas
hy moet nou omdraai en gaan
alleen agterlaat die geboorte grond
hy moet dit nou verlaat
vir ewig is dit verlore
verlore
verlore
vir ewig
laaste voetspore
Tia©️
26/7/18
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.