AFVAL WOORDE
Ek snuffel aan laas nag se afval woorde
wat gaan lê het in my pc rommel asdrom
en probeer ‘n gediggie
uit die letter rommelwoorde sif
tot woorde letterkunde
Ek doop my afval woorde
in die oggend se goudgeel kroon eentand glimlag
en vra die jaar se afval woordeboek
‘n pasella alfabet
om ‘n gediggie te kan maak
Ek vry na die taalkunde se loslyf danseres
soek ‘n plekkie vir my afval woorde
en bou vir my ‘n gediggie bruggie
tot waar my afval woorde oorloop
na ‘n stukkie wit papier
en swart op wit ‘n gediggie word
2 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
En so sleutelbord kort blink gevryf te word. Daardie woorde kom op die mees onverwagte tyd en dis dan wanneer mens hulle moet laat ontsnap deur die lug of oor die brug. Mal oor jou slotvers.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
ai so n skrywersblok kan mens nagmerries gee... tog mooi gepen