agnosties
waar ek woon is die see altyd hoorbaar
dag en nag tussen al die geluide en stilte
agt jaar lank bewandel ons al hierdie streek
met sy ysige koue winters en hetige somers
as “inkommers” moes ons spook om maar
net aanvaar te word in die geselsskappe
ons het mos nie geweet van snoek,
haring, krewels of mossels nie
selfs nou nog is ons verblyf
so half agnosties tussen
die ou inwoners
die ou inkommers
en die ou inwoners
waar jou geloof lê is
ook baie belangrik
hoewel daar baie meer
agnostisisme voorkom hier
as op enige vorige plek
waar ek gewoon het
dit is asof die omgewing
hom leen aan vereensaming
en min mense is ooit bekommerd
oor wie jy is, waar jy vandaan kom
of waarheen jy op pad is nie
as jy egter iewers
aanvaar word
binne ‘n groep
is jy daar of jy wil
bly of nie
mense hier se geloof
gaan ook saam met die
heersende snoek seisoen
as dit goed gaan met die vissers
rook die fabrieke almal half bewusteloos
en dan is daar min mense in die kerk
sodra die snoek egter ophou loop
raak die geesdrif vir kerk min
omdat hier heelwat pensioenarisse
kom aftree is daar ook heelwat begrafnisse
verder verlaat meeste jongmense
maar soos oral die gebied om te gaan studeer
waarna die gebied rustig raak van geluide
en slegs met naweke uitbars uit sy nate
so ‘n agnostiese bestaan is vreemd
en tog raak mens dit gewoond
veral wanneer die muse
dun gestryk raak
om woorde
in verse
te rig
©Teárlach
Agnostisisme word algemeen voorgehou as ‘n middelgrond tussen teïsme en ateïsme, alhoewel dit nie ‘n religieuse verklaring is nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek