Agter draad en pale
Met Draad en Pale
word my bestaan geruguleer
want die geklap
van ‘n skoot en
die gekap van ‘n byl
het alles omgekeer
my modderpoel is nie meer
een van my maaksel nie
maar die van
‘n mensekind
wat dink dat ek dit sal waardeer
ek vat dit maar
want daar is niks anders
weeskind is ek uitgelewer
aan geweer.
slagoffer gedwing
agter draad en pale
goed bedoel
maar nie my wil
my wilde siel is nou
die van bees
want ek is nou die
teeldier van die mens
om mammon nog
beter te dien by
spogparty in verre land
waar vreemde mens my
beskermingshoring
gekaap het vir
vreemde ritueel en valse krag
gedoem bly ek nou
agter draad en paal
3 Kommentare
-
-
Viooltjie
goed gedoen....mens kry so 'n kykie in die siel van die renoster.. as mense tog net tot hul sinne kon kom, sou dit baie probleme oplos
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe hierdie gedig praat hard! Puik!