Jongste aktiwiteit:

Hou jy van wat jy sien

Hou jy van wat jy sien?

Die vraag klap soos ‘n skoot na binne
Hou jy van wat jy sien?

Die antwoord is maklik
Ja ek hou van wat ek sien

Waarom is die antwoord maklik?
Dit is maklik omdat ek jou hare kan voel en sien
‘n pragtige bos wat wip en swaai
sag is en glansend mooi

Die antwoord is maklik want ek voel
Dat jy weet wie jy is
Dat jy van mense hou
ook van my

Die antwoord is maklik want
As jy met my praat is die oogkontak daar
Die vensters van jou siel is oop
Vir my

Die antwoord is maklik want jy is
mooi van voorkoms
jy is sag en warm van vreugde
in die lewe

Die antwoord is maklik want
jy laat gemaklik wees oor my spoel
jou gawe is om te laat ontspan

Die antwoord is maklik want
Jy is mistiek
Onontdek in jou geheimenis
Oopbreekbaar soos ‘n vrug

Die antwoord is maklik want
jy is polsend
maar genoeg van omgee
is in jou hart

Die antwoord is maklik want
die vreugde van menswees vloei uit jou uit
en gee vir my ook ‘n stukkie

Die antwoord is maklik want ek vra
Hou jy van wat jy sien?




Hou daarvan om storielyn gedigte te skryf as ek dit sou kon beskryf. Die mense wat dit lees se dikwels hulle "sien " dit in hulle gedagte wereld. My gedigte is op n blog http://gedigtevirjou.blogspot.com wil jy nog meer daarvan lees net vir die lekker daarvan

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed