Akrostigon
Akrostigon
ī
Rondom skemer winters(v)uur
uitgeput
droom sy oor tye onbenut
onder sekelmaan
lê skerwe van bestaan
lê spatsels van verstaan
anderkant die brug, wink ‘n vergesig,
Lewensdrek dreineer te veel
en êrens…hoor sy die sagte
roepstem van haar
messias en Heer
īī
“…there’s a table,
a table for two
under the neon
blue moon
You’ll
be
coming
home…
Soon …
īīī
… en so (b)ly haar siel hunkerend na eden terug verlang.
©️ Dolla Lerm
22/03/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.