Reptiel Repetisie
Reptiel Repetisie
Die sening drade in oorbelading
het ge-haywire in my kop, gisteraand
eers die kop toe die tand die oor’n’oog en stop toe in die krop
Fragmenteer, arsenaliseer en marsjeer regdeur
regs links regs links deur
die Oekraïne wat eens was…
sonder dodelas …
Betasting deur die windhonde
spilsgolwe – golf op golf –
wreed die aanvalle van die kwater swart wolf
Gal die bessies draak
imbisiel(e) kaak
knalkletterkraak
due lesse pes
etter vetter wetter
P S
O T
E A
T L
I I
N nes N
bloei parafien
in narcis’aspris
aspirien-kwartier
as sombere drome
bomgat demone sien
Die doodsjas-gas het weereens
– onverwags –
om my kom hang
bang, het reeds getaan
– in verstaan –
dat stippel spikkel strepe voortbestaan
Tog …
gedaan
onder verslete maste se vergaan
as geroeste buit
gesinkte skuit
klont beskuit
as verwyt
onkruid
Babilon’demon’dom
in kobalt-Oseaan
sal jul hel alom
full circle kom
en omkom.
©️ Dolla Lerm
14/03/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.