alom
hedendaagse wysheid
word omsingel met guitigheid
al sy geite word beklemtoon
deur die verbuiging
van taal
poëtiese suksesse
word onderskraag deur dna
al die geneties erkende
reëls gekompromiteer
in ons vrye verse
digterale erkenning
is deesdae soos korporale straf
word deur die stemme bepaal
van dié wat die hardste lag
oor dit met minste krag
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.