Jongste aktiwiteit:

Die Bos – Wintertyd

die bos se oë het daagliks
dowwer geraak
trane in die vorm
van blare gestort
die skelet het bros
deur haar vergeelde
vel gebreek
die voëls
in haar hart
het blý roep
neste gebou
van fýn takke
as hoóp
hul sang
het die lobbe
In haar kop
met bloed en gees
besig gehou
die seisoen
het gedraai
tog
stééds bitter nagte
van wind en ryp
wrede brande
om haar bene
het pubus-hare
in swárt poeier
verskroei
haar asem
het in hibernasie
stíl geword
stadig, stil
stééds gebly
in afwagting
van Sy belofte
die lente sál
kom, só ook
weer die
somer, herfs
elk met sy eie
skakering
van ‘n dansrok
tog
sy sal éwig
bos bly
al word haar
wese geamputeer

haar trane
en verrotting
die kompos
en die geur
(labri ©)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed