
Harmonie
musiek akkoorde
vry in aantrek kamer
om harmoniese klank
uit staal en hout
in blaas en stryk
te vind
lig verskerp na maestro podium
gekrabbel oor kleredrag
kommittee aanvalle
verstil van voor
na uitgang
die fokus is nou op my instrument
die speel van eie suiwer note
sonder oë op dirigent
of aandag by konsert
my klank warrel rond
ń stokkie lig
individuele note hang
in gemeenskaplike stilte
die val sal
harmonie bring
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.