Manslaai
elke man het ń laai
waar belangrike stukkies
mangoed wegkruip,
weg van skoonmaak
lank oorlede masjien kontroles
vervalle honde muti
slaap ongestoor,
in die vashaaklaai
versteek vir miskien nodig
ń laai van vol verkeerd
wat nooit nut gaan vind,
in enige verhaal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.