Jongste aktiwiteit:

ANNA-MART KLIM UIT DIE KAS

Klein Anna-Mart se hart is baie seer sy is so bang dat sy nooit goed genoeg sal wees vir Jesus nie. Elke dag sê mamma dat Jesus vir haar kyk en dat Hy weet as sy stout is. Sy sê dat Hy haar eendag gaan straf omdat sy nie luister nie.

Vandag het sy al weer verkeerd gedoen, sy probeer so hard maar as sy haar kan kry dan word sy vreeslik kwaad vir haar boeta. Hy hou aan en aan om haar te terg totdat sy sommer baie kwaad word vir hom. Sy het hom sommer bygedam met die vuis, omdat hy haar mooiste pop in die modder gegooi het. Sy weet dit is verkeerd om so baie kwaad te word en dat ’n mens nie sommer net ander mense slaan en skop nie. Sy wonder wat Jesus alles daaroor gaan sê. Hy sal seker sê dat dat sy nie haar boeta mag slaan nie en dat sy nie so baie kwaad mag word. Hy is seker kwaad vir haar, omdat sy so lelike gemaak het met boeta.

Ai sy wil regtigwaar nie Jesus se hartjie seermaak nie. Sy weet eintlik nie hoekom, maar sy voel altyd of sy net nie goed genoeg vir Hom is nie. Sy wil tog nie graag eendag hoor dat Hy haar nie lief he niet, omdat sy altyd so stout was.

Sy probeer elke dag harder om vriendelik en goed te wees vir ander mense. Hoe harder sy probeer hoe minder kry sy dit reg. Sondag het die ds. weer gepreek oor sonde en dat Jesus sonde haat. Sy wonder wat kan sy doen om sonder sonde te wees sodat Jesus vir haar kan lief wees.

Elke dag is sy ongelukkig en ontevrede met haarself. Sy is sommer lus en gaan kruip weg sodat niemand haar kan kry nie. Sy wonder of Jesus haar sal sien as sy in mamma se kas klim en haar boeta se lekkergoed eet. Die ds. het gesê dat mens nie mag steel nie, maar ai sy is nou baie lus vir die lekkergoed. Boeta sal tog nie weet dat sy dit gevat het nie en miskien sien Jesus haar nie in die kas nie.

Nou sit sy in hierdie kas en, sy weet sy het verkeerd gedoen en dat sy ’n goeie pak slae gaan kry. Sy hoor hoe Boeta vir mamma vertel dat sy lekkers weg is en dat hy weet dat sy dit gevat het. Jesus is seker nou net so kwaad vir haar, sy moet hier uitkom sonder dat iemand haar sien, maar sy weet dat sy die gevolge gaan dra. .

“Anna-Mart! waar is jy,” roep mamma. ” Hoekom is jy altyd so baie stout en vir wat eet jy boeta se lekkers op, jy het mos jou eie gehad. Hierdie stoute geit van jou moet nou end kry. Dink jy regtig dat jy kan wegkruip in die kas en dat Jesus jou nie daar sien nie. Vir jou straf sal jy die hele dag saam met ouma in die kamer bly sodat sy jou kan leer brei. Miskien sal dit help as jou hande besig bly”.

Ai, sy hou niks daarvan om net te sit en om te brei nie. Dit kan vreeslik vervelig wees. Vir haar is dit ‘n baie groot straf. Al troos is dat sy darem lief is vir haar ouma, wat haar altyd omring met liefde. Sy sal maar haar straf vat, dit is tog maar net vir eendag. Môre sal sy weer probeer om goed te doen.

Na ‘n lang ruk van stilte en konsentrasie op die breiwerk sê ouma; “Anna-Mart vertel vir ouma hoekom lyk jy altyd so ongelukkig, wat is dit wat jou pla?” Ai Ouma sê sy; “Ek wil so graag goed genoeg wees vir Jesus maar ek kan dit net glad nie regkry nie. Weet ouma dalk hoe ek ‘n soeter kind kan word sodat Jesus vir my lief kan wees.

Ouma is ’n lang ruk doodstil, net toe Anna-Mart begin dink dat ouma nie gehoor het nie, begin sy praat. In Ouma se stem kon sy hoor dat daar iets anders is, iets soos omgee en liefde. ”Jy moet een ding altyd onthou” sê ouma “Jesus het jou baie lief, Hy sien jou raak, maar Hy kyk nie met kwaai en wrede oë na jou nie. Wanneer Hy na jou kyk sien hy ‘n dogtertjie raak wat graag die regte dinge wil doen maar dit nie regkry nie. Hy het geweet dat ons nooit goed en sonder sonde sal wees nie. Dit is die rede hoekom Jesus aan die kruis vir ons sonde en verkeerde dinge gesterf het. Hy gaan ons nie eendag straf nie, hy is vir ons part gestraf.

“Ouma hoe dan nou” sê Anna-Mart. In haar hart is daar nou baie vrae. “ Kan ek dan maar verkeerd doen en Jesus sal my altyd liefhê, maak nie saak wat ek doen nie?” “Nee” sê Ouma dit is nie hoe dit werk nie. Ons kan nie net aanhou verkeerd doen en dan verwag dat Jesus daarmee tevrede sal wees nie. Nou wat moet ek dan doen Ouma vra Anna-Mart? Hoe kan ek dan verander en nie meer die slegte dinge doen nie.

“Die eerste ding wat jy moet doen, is om met ‘n regte groot jammerte in jou hart na Jesus toe te gaan en om vir hom te vra om jou te vergewe, omdat jy verkeerde dinge doen wat Sy hart baie seermaak. Daarna vra jy Hom om in jou hartjie te kom woon. Ons harte is soos ‘n huis vir Jesus hy wil nie buite in die koue staan nie, Hy wil deur sy Heilige Gees in jou hart woon”.
“Jy sien dit is waar die verskil inkom, wanneer Jesus in jou hart bly, dan help hy jou om die regte dinge toe doen. Hy veroordeel jou dan glad nie meer nie. Sy genade stel jou dan in staat om die regte dinge te doen. Dit is dan nie meer stress en bang wees wat in jou hart is nie”.

“Wanneer Jesus so in jou hart bly wil jy graag Sy hart bly maak, maar die wonderlikste van alles is dat Hy jou dan help om reg te lewe. Ons eie werke en goeie dade tel glad nie vir Jesus nie. Al wat vir Hom tel is Sy liefde vir ons en ons bereid willigheid om Hom elke dag toe te laat om in ons lewe te werk.”

“Wat sê jy Anna-Mart wil jy graag vir Jesus vra om in jou te kom bly?” “Ja, seblief ouma” sê Anna-Mart. Saam kniel hulle en Anna-Mart bid:
“Jesus my lewe is vol verkeerde dinge, ek weet dat ek elke dag U hart baie seermaak, vergewe my my ongehoorsaamheid en al die verkeerde dinge wat ek doen. Kom woon in my hart deur U Heilige Gees en maak my lewe vol met U teenwoordigheid. Dankie, dat U nou in my hart intrek het en dat U nie meer buite bly nie. Dankie, dat U my sal help om die regte dinge te doen wat U hart sal bly maak. Dankie, dat U vir my Anna-Mart raaksien met oë van liefde en begrip. Amen”.

Nadat sy klaar gebid het bly sy op haar knieë terwyl die trane van haar oë afloop. Iets het gebeur self kan sy dit nie verstaan nie, maar sy voel sommer anders. Die eerste maal in haar lewe ervaar sy dat Jesus in haar, by haar en rondom haar is. Sy wonder nie eers wat Sy kan doen om Hom tevrede te stel nie. Sy weet sommer Hy is tevrede met haar, sy is net intens bewus van Sy liefde vir haar.

Dit was ‘n ander dogtertjie wat die middag by ouma uitgestap het, ‘n dogtertjie vol van vreugde en liefde in haar hart vir haar boeta wat haar terg. Almal kon sien dat sy anders en gelukkig was.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed