artem potentiam
heerlike sagte reën het neergesif
my duin weerklink van juigkrete
seevoëls babbel en skreeu dit uit
fynbos stoot nuwe blare uit dank
so is die lees van ‘n mooie gedig
dit verkwik my siel en verwarm
my hart met melodieuse klanke
wat net uit moedertaal kan kom
weerskante van my duin is see
slegs so halfuur se flinke stap
tussenin is daar duine wit huise
strate en fynbos velde wat blink
oral om my ontplof die blomme
in kakofoniese gesigte van kleur
besoekers kom lê en neem fotos
van hulself in die blomme tapyt
so deel die natuur jaarliks sy prag
en mense oë wat smag na die mooi
reis duisende myle om te kom kyk
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.