Verkondig lente
Loflied gekoer, wyl lenteson bak,
Sit grys tortelduif in doringboom tak.
Klink helder klank gesang tussen stilte deur
kondig lente aan, wintertyd is verbeur.
Bars pastel skakering kleure vrolik in prag.
Pruik hul in eenheid oor n nuwe dag.
Groet warm lentewind met asem nuutgevond,
Juig die aarde oor nuwe môrestond.
Kollekteer wattewit bolle, in akwablou lug.
Draai geelkanarie sag op sy eie arendsvlug.
Rammel donderweer met knorrige stem;
volborstig uitgestoot het hy winter gewen.
Met klanke en akoorde, trippel druppels plof in stof,
Met reuk wat droogheid oorwinnend verdof.
Lente maak sy buiging, wink vir ieder elk
om vars lewe te kom drink uit sy geboortekelk.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.