Vir altyd joune
Die winter is verby! Ronel gooi haar jas op die bed neer en gaan lê langs hom. Die jas het ‘n storie, wat sy die res van al die winters in haar lewe sal onthou.
Al’s het begin een oggend toe sy wakker skrik, sy het oogestaan en soos gewoonlik aangetrek vir werk. Net toe sy wou ry hoor sy haar selfoon lui.
” Hallo! “
Antwoord sy ietwat vererg want sy is haastig. Sy skrik toe sy hoor wie dit is. Die hoof direkteur jaag deur sy woorde, klink skoon uitasem.
“Môre Ronel, jong ek’t ‘n groot guns om jou te vra!”
Ronel luister aandagtig en raak heeltemal lam toe sy die foon neersit. Hy wil hê sy moet een van die mees bekendste Europese skrywers op die lughawe gaan ontmoet. Sy kyk verskrik om haar rond, wat trek sy aan.
Vir die spesiale geleentheid moet sy baie deftig lyk en professioneel. Sy pluk haar kas se deure oop en begin soos ‘n boek deur bladsye blaai, die een hanger na die ander. Na ‘n gespartel kry sy ‘n sagte pienk top en swart fluweel langbroek. Sy bind haar lang swart hare hoog vas met ‘n haarknip, gooi ‘n string pêrels om haar nek met bypassende oorbelle. Die sagte grimering laat haar beeldskoon lyk, maar iets kort?
Sy gryp haar kar’sleutel en storm die huis uit, halfpad moet sy omdraai sy’t haar handsak vergeet.
“Hou kop, en haal diep asem Ronel, daar is nie nou tyd om te stres nie, bly kalm.” Praat sy met haarself terwyl sy ry.
Sy stop by ‘n boutique, en toe sy uitklim vang haar oog die mooiste jas wat nog ooit gesien het. Vandag maak dit nie saak hoeveel daai jas gaan kos nie, sy wil hom hê. Na ‘n paar duisend rand armer, is sy oppad lughawe toe. Dis ‘n koue winters’dag, maar die jas is warm of dalk is dit sy wat so warm kry van opwinding en senuwees. Die vliegtuig het geland al so uur terug, sy kyk om haar rond opsoek na die skrywer. Sy het hom nog nog persoonlik ontmoet nie, maar lees gereeld van sy romans. Dan sien sy hom, lank en met donker hare, dun snor baie gesofistikeerd en selfversekerd.
“Good day Mr van Biljong, please to meet,” sy steek haar hand uit om hom te groet.
Sy bewe vreeslik, hy is so aantreklik. Oppad terug kantoor toe voel sy kalmer, hy is eintlik baie aangenaam en plat op die aarde…
Sy skrik wakker uit haar dagdroom, vat weer aan die jas op haar bed en glimlag. Vanaand gaan sy uiteet saam hom, hulle gaan die koms van lente vier ook die bekendstelling van sy nuwe roman ” Forever yours”.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek