B0ektrappe
Die trappe (Visuele Stimulasie Boektrappe)
Ek sit rustig buite
die plante en bewonder en
heerlik ontspanne raak ek
lomerig en dommel bietjie in
en ek gewaar die boektrappe
en veerlig, vreesloos, nuuskierig
begin klim ek die trappe van kennis—
Elke trap ‘n esiklopedie van
volmaakte vakkennis en
hoe hoër ek klim hoe verder
strek die trappe en verdwyn
‘n mistige ewigheid in met kennis
wat nog verborge is vir die mensdom,
maar ek het wakker geword
van die wekroep gekoer van
die tortelduif na sy maatjie—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis saggies-mooi en dromerig