Die Lewe Is ‘n Lied
Die Lewe Is ‘n Lied
Die lewe
is ‘n lied word in
uitbundige euforie gesê,
maar almal se lied is nie
dieselfde, toestande verskil—
Soos die bui is klink die lied en
omstandighede bepaal die keuse— —
Finansiele nood, hartseer en verdriet
sal nie ‘n vreugdelied aanhef nie.
Soms is dit ‘n agressiewe marslied,
of ‘n juigende ditirambe,
‘n droewige elegie of
‘n lulabye vir dromers—
Met al die diverse liedere bly die
lewe in sy groot verskeidenheid van
dag tot dag vir elkeen afsonderlik
‘n eiesoortige , individuele lied—
Janetta – Helena [Babs]©
3 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Tannie Babs my ouma het altyd gese: "My kind die lewe is n lied, dalk soms n klaaglied... maar more rock-n-roll ons weer" Pragtig gepen