
bejaard
gemeet in jaarts, voete en duime
ja dit is sy lewe uitgespel vandag
al die grondpaaie geyk op sy gesig
met elke jaar, maand en dag getel
kom die geluide van bome wat val
al om hom druis, en dreun dit luid
op die randakker van sy perifiraal
verdwyn die bekende gesigte snel
al gaan hartstogtelike gebede op
soos sy eie lewe opkrimp en verdor
besef hy nou die waarde van gebed
lê nie in die woorde, maar in sy God
©Teárlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek