Jongste aktiwiteit:

kleinletters vir ‘n vooskop

ek het vir ‘n wyle vergeet
dat dit toe nie die son is wat draai,
maar dit maak glad nie saak,
want alles om my is nou so
donnerstotvergetenstoe deurmekaar
dat tot ek ook glo die kat snags op my dak
‘n lover uit ‘n vorige lewe was
wat sy asemsnoet weer sag
in die holtes van my crazy kop kom druk.
kyk, sê hy, ek is die asem wat
jy moet hê sodat jy jou dink
langs die regte draadjies kan stuur,
want soms fuse jy en dan spring
stompneusletters uit by jou mond
en ek sit nie altyd op jou dak
en keer dat jou se kleinwoorde
neig om te groot uit te kom.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed