Jongste aktiwiteit:

bek – dialek

geelbek – liegbek
oopbek – bloed bek
toebek – heel bek

“bek from de-tour”
wil ekke bek rek en “brek”
maar ore sluit met covid gesuis

“wie is djy nogal grootbek”
“dat djy die wette soe kô twist”
“soes soema anywér enne anywun?”

dan trek ekke ma my bek punt
en dink anie ooste wind vol sand
wa die galjoen koester en kabeljou baljaar

wa kontraste van sand in kleure
my bek laat water van pure plesier
as gemsbok en wit renoster tier

terug oor die grense van vooroordeel
terug binne die self geboude mure van vrees
terug waar ‘n toe-bek steeds heel bly

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed