Jongste aktiwiteit:

Aambeie wat ʼn wind nodig het.
vir

Aambeie wat ʼn wind nodig het.

 

More Rens kom in die winter is nog op die drumpel van die ou klein huisie, in die kombuis is dit heerlik warm.

O ja Anna dit gaan heerlik wees die getrap van die busstop af was darem regtig koud gewees, ek gaan staan sommer by die stoof om die bloed  te laat vloei.

Ja Rens terwyl jy daar staan skink sommer vir ons n beker koffie dan kan ons lekker klets oor alles en nog wat.

Anna ek sien die twee kinders net toe hulle om die hoek verdwyn skool toe ek dink hulle kan ook nie meer wag dat die somer hier is nie.

Ja Rens jy weet koue is nie almal se speelmaat nie en die lang kouse wat mens vandag kry is mos nie meer soos ons se dae nie.

Mens Anna jy is ook altyd besig as ek hier kom as jy nie boontjies kerf om in te lê nie dan bak jy koek wie se verjaarsdag is dit weer die keer.

Nee jong Rens dit is mos lente fees wat die kinders gaan hou by die skool en ek bak maar n koek of twee vir die skool.

Nou Anna die Blou Spiritis wat hier op die pint van die tafel staan ek hoop nie jy maak vuur in die stoof met dit nie.

Nee tog Rens ek skink nog n koffietjie dan vertel ek jou die storie.

Jy weet my Ouboet sukkel mos so met die Aambeie die goed hang soos oupa se Moerbeie tussen sy bene, en gister se more gaan Ouboet werk toe met die vreeslikste pyn skoon bleek soos ʼn spook.

Mensig Anna en nou waarvan sal hy nou so gestraf word.

Nee jong Rens as jy my vertel is dit hoeka hulle eie skuld want hulle sal mos nie ʼn warm plek soek om te sit in die winter nie dit sit mos net so op die koue yster daar waar hy werk by Yskor.

Jy vertel my Anna my se man Daan doen hoeka sukkel dinge in die winter lyk my dit is ook die kaste bomme wat hulle op sit daar by die Weermag kamp.

Ja ek vertel jou Rens toe Ouboet by die werk kom gaan sit en drink hy koffie met die ander manne en sy neef Kallie wat met hom werk vra hom toe.

Aarde Ouboet wat lyk jy so bleek.

Nee jong Kallie dit is mos elke winter met die Aambeie wat so pla.

Man Ouboet jy moet nie dat dit jou onder kry nie jy moet sommer blou spiritis op smeer dit byt so n bietjie maar vat die pyn weg.

Rens dit was n ding, Ouboet kom by die huis groet net en is kamer toe en verdwyn in die badkamer en dit is eers dood se stilte daar dan kom dit met een verdowende kreet bars Ouboet los en toe kom hy om die draai in die gang af reguit hier na my toe.

O tog Anna ek hoop nie dit het vlam gevat nie.

Nee Rens dit was n gesig om te sien Ouboet  kom so Skyf , skyf nader geskyf met altwee sy hande op die soom van die hemp en dit waai op en af en hy skreeu net  “BLAAS OU VROU BLAAS MY GAT IS AAN DIE BRAND”.

O my aarde Anna wat doen jy toe.

My mens Rens ek staan en skottelgoed was en al wat ek kan dink is om die vadoek te gryp wat klaar nat is en die aambeie te bedek.

O toggie Anna ek weet nie of ek moet lag en of ek Ouboet net jammer moet kry nie.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed