Jongste aktiwiteit:

Koos Elsum
vir

Koos Elsum

Lees meer oor Koos Elsum

BRONS KLAS

Mei 2021 – OOP Projek

1.Werk druk

in môre blou
vou blaaie oop
blink in ink
van rekenskap

in raadsale
op rooi gestoeltes
brand die druk
middagson

laat middag
as donker val
alleen huistoe
vasgevang

Koos Elsum

Augustus 2022 – My huis is my woning projek

3.Leeg gebloei

stadig met die sypel
van korrels deur die uurglas
word asemlose ruimtes
ou vervalle kamers
wat opvul met rooisand

die slagaar is afgesny
die dorp het tydsaam leeggebloei
met sugte asem die wind
waar vergete heugenisse
saggies rus

en steeds sal somermôrens
vuurspuwend lig uitspoeg
en sal somerdae
die verf van mure afskif
in die vêr verlate platteland

Koos Elsum

November 2022 – OOP Projek

2.Stegies

tieners skop bal voor agterdeure
geklee in geskeurde span klere
konfrontasie is al verligting
vir die bang

pleister skilfer skilder
romantiek teen ou stad mure
verhale van oorwinning sterf
in die stink stegie

die enigste lekker hier
is leë toedraaipapiertjies
wat herinner dat hier
eens meer as net vullis was

voor my voete skielik die bal
ń doel skop geleentheid
en die plesier om saam
te skree LADUMA…

Koos Elsum

 

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed