
BIETJIEBES
BIETJIEBES
Bietjiebes was toe nooit die beste nie
Ha wanneer is dit die beste
bietjie die kant toe dan daai kant toe
maar nooit bietjiebes nie.
Het jy gesien die takkies van die roos boom
is geskeur bietjiebes se die tuinier se skuld
vir alles is die iemand se skuld
wanneer is dit die skuld van die tuinier
nooit nie vir alles is daar ‘n prys te betaal.
Die kat se hare is geperm en gebrand
wie se skuld is dit nie die kat sin nie
die haarkapper het geleer
weer is die iemand anders se skuld
Inmekaar sit die hond hy ly aan ‘n identiteit krisis
sy toon naels is bloed rooi geverf
o dit is die nael tegnikus wat die keer geleer het
oorbelle hang aan die marmot se ore
die juwelier het haar werk bewonder
die duiwe se kroppe is verstop hoe so
hulle het die honde se kos kom opvreet
die waterbakke van die voëls is leeg
o die bure se hasies het uit hulle aaklige
hokkies gekom hulle was dors.
die blare lê die werf vol dit is die wind
wat hulle verwaai het nou is daar nie
koelte nie
die seewater is pure sout
die soutmeultjie het in die
middel van ‘n dam geval
My wange is papnat
dit kom uit my eie oe
want dit was my siel
skoon so is ek
geskape en dit is
my skepper se
manier om sy
bietjiebes te vervolmaak
na sy heel bes
jac.
2017-09-29
(KOPIEREG VOOR BEHOU).
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.