Jongste aktiwiteit:

blerts

hangende plante fassineer my
in potjies en hangers groei dit
welig en swaai heen en weer
tot die suid-ooster aankom
dan breek dit los en blerts
lê dit op die grond versprei
hartseer maar baie waar
hang jy uit in die lewe
sonder anker of tou
kan jy maklik vou
en ook net maar
‘n blerts word

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed