Blouink
gewaardeerde woorde
in liefde gespreek
jou blou is jou blou
sê hy
niemand kan vir jou van jou blou sê nie
elke dag se blou in die skakering wat jy dit wil hê
skryf
die verlede en die toekoms
in die hede
met mekaar versoen
die invloed daarvan in n kleur te doen
die beloning dan
as jou kleur
jou emosie vlerke gee
die taal van jou oë en van jou hart
met jou dink saampraat
die harmonie van stilte vrede en balans vind
dis dan wanneer die wind nie huil nie
maar die blare laat sing
die wolke die belofte van reen bring
sonop en sononder nie lig en donker nie maar die oorgang van die een mooi
na n ander is
begeerte word belewe
en die besef dat die kleur op jou bord
jou porsie
genade is
©inblueink 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.