Jongste aktiwiteit:

Boeke Lewe

eeue se dink
gegriffelde sagas
weer geoordink, hersien
weer geskryf, gepen toe getik,
manuskripte word stadig gebore
op deurmekaar lessenare

versend in eensame afwagting
ontvang in drukbesigheid
geallokeer toe geredigeer
na drukker versend
met ń onderliggende
besigheids plot

gebaseer op vinnig lees
spreek resensies boekdele
buiteblaaie vang die oog
dit alles wanhopige
lees asseblief bemarking

onder stof en spinnerak
ongeag herhalende skoonmaak
vasgevang in duisende blaaie
gebind in blink buiteblaaie
staan boeke alleen
wag kordaat vir
vuilgoedwa




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak