Bont-blom bloes
Dit is ‘n nuwe dag
‘n nuwe bladsy in jou boek
‘n oomblik om te stop
om net weer asem te haal
Die essensie van nou… en raak stil
‘n tafeldoek met sagte voue
en ‘n paar blomme
in ‘n groot bak
Waar ek deur gister blaai
klere wegpak in my laai
val my oog op ‘n bont-blom bloes
en die son deurspoel al die winter’roes
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek