Jongste aktiwiteit:

Brood en vis

Brood en Vis

Deur Ryno du Plessis

Here, hier sit ek vandag in sak en as. Geen plan vir vandag.

Koskas leeg, geen sent om mee te leef. Hoe gaan ek tog oorleef.

Vyf brode en twee visse het hul na My gebring. Deur ’n skare was ek omring.

Vir jou is dit dalk net ’n storie, vir my was dit ’n dag van glorie.

Kommer fluister, dit is ’n storie duister. Hier gaan niemand luister.

Here, my kommer is vandag meer as brood en vis, maar van U genade is ek bewus.

Leer my, Heer, om weer te glo, te vertrou soos die skare daardie dag.

U voorsien telkemaal, ek dankie Heer vir hierdie maal.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed