Vrees
Vrees
Deur Ryno du Plessis
My lewe neem ek in eie beheer, selfs al het ek na U gekeer.
Soos Jona moes wegkeer, probeer ek my nie aan U opdrag steur.
In ’n donker wêreld vind ek my, Here, hier is dit bitter seer.
In die vis was Jona gekeer, drie dae wat hy moes leer.
Vader, hier staan ek weer, na soveel keer. Lei my na die regte plek, wys my U is in beheer.
Vrees vir wat die mense mag sê, wil ek tog my sonde voor U bring.
Here, help my hier, leer my doen U manier.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.