
Deure
Deure
Sy was lank siek
die liggaam baie verswak en
op ‘n dag het sy tydsaam die
deur saggies agter haar toegetrek
en sy was weg, verhuis sê hulle —
Hy was oënskynlik fris en gesond
en het sy gholf baie geniet toe
die hartaanval skielik toeslaan en
die deur hard agter hom toeklap
en hy was weg, verhuis sê hulle —
So het jare gekom en gaan met
deure wat saggies toegetrek word
en ander onverwags sonder ontsag
meedoënloos hard toegeklap, en
almal is vir goed weg, verhuis, hul
ewigheidsbestemming onbekend—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.