Jongste aktiwiteit:

MY SEUN

Ek was so jonk,toe is jy gebore,
ek was alleen en so verlore.
Jou pa het ons verlaat,
diep in my hart het ek hom gehaat.

Van die eerste oomblik was jy my sonskynkind,
(ń) lewe sonder jou kon ek nie indink.
Jy het my lewe betekenis gegee,
Jy het my trane weg gevee.

Jy is my regterhand,
ek het (ń) hart vol liefde wat vir jou brand.
Al se ek baie keer “nee”,
wens ek,ek kon jou die wereld gee.

As jy net kan verstaan,
wat in die wereld aangaan,
dat ek jou wil bewaar,
teen al die gevaar.

Tog word jy so gou groot,
dit voel of jy my weg wil stoot.
Solank jy net altyd weet,
daar is niks waaraan jy my liefde vir jou kan meet.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed