MY DOGTER
Tien jaar gelede het jy jou eerste lewenslig aanskou,
van die eerste oomblik was ek baie lief vir jou.
Jy met jou ogies so blou,
jy met jou liefde so opreg en getrou.
Jy het my hele hart gesteel,
ek wou jou met niemand deel.
Jou koms het ons lewens betekenis gegee,
Jy is meer waardevol as al die skatte in die see.
Ek het nuwe betekenis gevind,
uit die liefde van (ń) kind.
As jy jou armpies om my vou,
en se “mamma ek is lief vir jou”
Jy word nou (ń) groot meisiekind,
wat praat van eendag “liefde vind”
En dit maak my benoud,
dit beteken ek word oud.
Tog sal jy altyd my dogtertjie bly,
vir wie ek die hele wereld sal baklei,
Ek sal jou altyd liefhe,
maak nie saak wat jy doen of se.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.