Jongste aktiwiteit:

SONDER JOU

Die dae kom en gaan,
vir my is daar net jy wat bestaan.
Niks anders maak meer saak,
niemand sal my hart weer so aanraak.

Die mooi in die lewe kan ek nie meer sien,
my lewe het sy doel uit gedien.
Sonder jou is ek verlore,
sonder jou is geluk my nie beskore.

Voort kan ek nie gaan,
sonder jou wil ek nie bestaan.
Jy is my sonskyn in die dag,
my maanlig in die nag.

Sonder jou het ek niks wat my hier hou,
geen drome om aan te bou.
Sonder jou,is n lang, droewige pad,
wat ek nie gaan stap.

Net sodat jy weet,
ek sal jou in ewigheid,nooit vergeet.
Al is my hart nou aan die bloei,
sal my liefde vir jou net aanhou groei.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed