VRIENDSKAP
Nooit het ek werklik vriendskap geken,
tot die dag toe ek jou vriendskap wen.
Jy het nooit (ń) prys daaraan gehang,
jy het nooit meer as net (ń) glimlag verlang.
Op jou skouer kon ek enige tyd huil,
al ons hartseer het ons uit geruil.
Jy het altyd aan my (ń) simpatieke oor geleen,
sonder (ń) sug en sonder (ń) steun.
Nooit het jy ons vriendskap verlaat,
nooit was daar enige verraad.
Tot die dag toe jy weg moes gaan,
en ek dit nie kon verstaan.
Steeds wou jy my beskerm,
jou oor my ontferm.
My in die duister hou,
oor die swaard oor jou.
Jy was H.I.V positief,
die virus was reeds te agresief.
Ek was heeltyd daar by jou,
gesit,met jou hand in myne toe gevou.
Jou glimlag,steeds herkenbaar,
Jou liggaam,so baie maer,
Die dapper kyk in jou oë,
(ń) Bewys dat jy steeds glo.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.