MY LIEWE VRIENDIN
(ń) Meisie het ek eendag ontmoet,
sy het skaam geglimlag,en my gegroet.
Leerklere wou sy dra,
en ek het maar min vrae gevra.
Yolanda was haar naam,
en die swart “make-up” kon ek nooit verstaan.
Haar persoonlikheid het almal bekoor,
menigte mans het hul harte op haar verloor.
Ons albei het groot geword,
ons harte by mekaar uitgestort.
Mans het ons lewens ingedring,
vir ons baie hartseer gebring.
Steeds het ons mekaar ondersteun,
aan mekaar vertroosting verleen.
Jare het gekom en gegaan,
maar ons vriendskap het bly staan.
Maatjies sal ons vir altyd bly,
geen man sal ons onderkry.
Saam sal ons staan,
en ons vriendskap sal nooit vergaan.
Liefde
Jou Vriendin.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.