
MY MADELINE
Net (ń) moederhart, verstaan die seerkry en die smart, van (ń) kind so klein, wat spoorloos verdwyn.
Die skuld gevoel wat vreet,
oor (ń) kind wat jy nooit sal vergeet.
My meisiekind,waar is jy heen?
Nooit sal my hart oor jou ophou ween.
Daardie aand het ek jou,
aan jou eie genade toe vertrou.
Ek het julle daar alleen gelaat,
en vir dit sal ek myself vir ewig haat.
O’Madelein my meisiekind,
nooit sal ek ophou soek tot ek jou vind.
My lewe is leeg sonder jou,
my hart bloei van verlange so rou.
Met sekerheid kan jy weet,
nooit sal ek opgee,nooit sal ek jou vergeet.
My lieflingkind sal jy altyd wees,
die einde van my liefde vir jou hoef jy nooit te vrees.
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Die geredigeerde weergawe lees mooi. Let daarop dat daar een sleutelspasie ná 'n komma behoort te wees. Verder vind ek die vers keurig en ek is bly om te sien jy kan iets leer. Groete IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
FUNNYFACE
Lyk dit nou reg?Ek waardeer die raad en is bly ek kan iets hier leer.