
Kronkeldermpad
Kronkeldermpad
Ek staan onder in die vallei en
kyk op na daardie swart kronkelende
asfalt ileum hoog daarbo en dit lyk so smal
‘n gevaarlike nou kronkelende dunderm
maar met geen neergestorte wrakstukke
in die vallei te sien nie en
ek dink toe by myself
so lyk my lewenspad tot hiertoe—
Kronkelend deur baie dorpe en stede
met nooit ‘n ongeluk of teëspoed maar
mislukkings, suksesse, vreugde en verdriet
was oral op daardie kronkeldraaie,
maar ek had ‘n vaste Anker net soos
die pad styf teen die berghang aan—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.