DIE TRONK
Hier,in my donker eensame sel,
hunker ek na jou aanraking,na jou sagte vel.
As ek jou net nog eenkeer kon se,
jy was al wat ek in die lewe wou he.
Deur jou verraad,sit ek nou opgesluit,
en in my kop maal beelde van jou en hom deur die ruit.
Hoe kon jy dit aan my doen,
hoe kon jy hom so innig soen?
Ek en jy was vir mekaar bedoel,
deur jou dade het ons drome in stormwater verspoel.
Omdraai kans is daar vir my nie meer,
sy “liefde” vir jou,het ek vir altyd gekeer.
Moordenaar is wat hul my nou noem,
glad nie iets waarop ek roem.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek