
GEDIG VAN N KIND
Mamma hoekom baklei jy en my pa?
Pappa is jy nie meer lief vir my ma?
Julle maak my hartjie so seer,
as julle so baklei,gil en skree.
Wil julle my nie meer he,
ek sal weggaan as julle so se.
As ek by ouma gaan bly,
sal julle dalk minder baklei.
Pappa en as jy weer my mamma slaan,
gaan ek ver weggaan.
Ek gaan die polisie bel,
en hulle alles vertel.
Ek gaan hulle vertel hoe baie jy drink,
en hoe jou asem na drank stink.
Hoe jy mamma klap,
dat haar bloed so spat.
So,mamma en pappa hou asseblief op baklei,
ek is die een wat daaronder ly.
Dalk is dit beter as julle skei,
dan kan ek groot word sonder n baklei.
2 Kommentare
-
Palet
Hartseer...maar so waar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek